Die een se dood

'n Skatryk vrou, 'n jong sukkelende skrywer en sy beeldskone tikster
 
 

Wanneer Julius se tikster, Susan Lessing, voorstel dat hulle sy vrou vermoor sodat hulle saam kan wees, weier Julius om deel van haar plan te wees.  Maar Susan het reeds alles haarfyn beplan....

 

Wilma, Julius se aanvallige vrou, is 'n bedorwe trustfonds-baba wat die klein plesiertjies van die lewe geniet.

 

Sy is besig om stadig maar seker moeg te raak vir die feit dat sy vir Julius moet onderhou.  Daar is altyd haar beste vriendin, Fransie, om na toe te vlug wanneer dinge by die huis te veel raak....Op haar verjaarsdag, gee Julius vir Wilma 'n kassetspeler as geskenk.  Sy is opgewonde soos 'n klein dogtertjie oor die geskenk.... min wetende dat dit later handig te pas sal kom.

 

Wanneer die polisie opdaag met die nuus dat Susan Lessing dood is, val alles in plek vir Julius en Wilma se verraad.