Geleende Vere

 

Prins Gustav leef in weelde. Saam met hierdie weelde kom natuurlik baie vroulike bewonderaars. En hy is baie bewus van hierdie aandag! Sy lyfbediende Rudolf is 'n spitsvondige knaap wat maklik terugpraat en sy eie opinie het oor alles.


Een aand, terwyl die Prins gereed maak vir 'n afspraak, daag Lisa op.

 

Pragtig, jonk en baie statig. 'n Ware Gravin! Vinnig moet Rudolf sy “geleende vere” aantrek om hierdie geleentheid ten volle te benut!

 

Jy skop nie 'n Gravin agter elke bos uit nie… Of hoe?
 

Toe “Geleende Vere” in die 1940‟s landwyd opgevoer is, het die NG Kerk beswaar gemaak teen die inhoud en storielyn. Hul besware het bygedra tot vol sale oral waar die toneelstuk opgevoer is.

 

 

 

 

 

 

 

www.geleendevere.co.za
Hoofkantoor : 021 828 9119