Who we are                     Wie ons is

 

Die oorspronklike NTO (Nasionale Toneel Organisasie) het landwye bekendheid verwerf onder die artistieke leiding van die groot Meester, wyle Andrè Huguenet en PP Breytenbach as Uitvoerende Hoof.  Dit was hul droom en lewenstaak om die toneelbedryf as beroep in Suid Afrika te vestig. Vanaf 1948 het die  NTO se harde werk tot die stigting van die vier provinsiale kunsterade gelei.  Hierdie kunsterade is in die laat neëntigerjare van die vorige eeu deur die nuwe ANC regering afgeskaf.  As gevolg van hierdie stap is dekades lank se baanbrekerswerk in die uitvoerende kunste bykans oornag vernietig.

 

Die nuwe NTO, gestig in 2015, sal weer Afrikaanse teater na Suid Afrika se stede en dorpe bring - veral na daardie plekke wat jare laas kwaliteit, lewendige vermaak geniet het.  Die fokus sal op AFRIKAANSE TONEEL wees aangesien ons glo dat die teater 'n reuse rol kan en moet speel in die bevordering en bewaring van ons taal. 

 

Gedurende 2017 is daar 'n besluit geneem om ook musiekproduksies in Engels aan te bied ten einde 'n breër gehoor na vertonings te lok.  Gedurende 2022/23 sal daar vyf sulke produksies op die planke gebring word - afhangend van beperkings rondom die COVID19 pandemie.

 

Die uiteindelike doelwit is om 'n vaste geselskap van akteurs te hê wat ondersteun sal word deur al die nodige kundigheid om kwaliteit produksies te verseker.  NTO glo dat daar weer 'n beroepstoneel in Suid Afrika gevestig moet word - nie in die rolprent of televisiebedryf nie, maar op die VERHOOG!  Die vestiging van 'n vaste geselskap sal dit vir NTO moontlik maak om op enige gegewe tydstip meer as een produksie op toer te neem.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Andrè Huguenet

Head Office / Hoofkantoor :
021 023 1821